Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die Here gee krag in die eensame stryd

Tydens Paulus se hofverskyning in Rome was daar niemand van die gemeente om hom by te staan nie. Niemand om hom te bemoedig of selfs vir hom in te tree nie. Hy moes dus sy eie verdediging behartig. Onder hierdie eensaamheid en alleenheid kom hy tot die ontdekking dat die Here hom bygestaan het en hom krag gegee het om in Rome voor die keiser te kon getuig (Hand. 23:11; 27:24).

Deur God se bystand en krag deur sy Gees gebeur drie dinge: die evangelie van Jesus Christus se verlossing is in volle sterkte in die hof verkondig; mense wat nog nooit voorheen die evangelie gehoor het nie, hoor dit nou; en Paulus is nog ’n rukkie gespaar toe die vonnis uitgestel is (uit die bek van die leeu gered).

Paulus weet nou: Al sou hy op aarde voor ’n hof sterwe, sal hy voor die hemelse Regter ’n gunstige uitspraak verkry om in sy hemelse koninkryk te mag deel. Daarom loof en prys Paulus die Here.

Dis eintlik wonderlik hoe die Here ons in sy diens gebruik. God staan nie in ons diens nie, maar ons is in sy diens. Paulus moes, al is dit deur ’n wêreldse hof en teregstelling heen, die evangelie verkondig aan die hoogste hof van die destydse wêreld. So gebruik Hy ons in sy diens tot die uitbreiding van sy koninkryk.

Die vraag is net: Sal ons die Here volg waar Hy ons ook al stuur?

– Ds. Theuns Potgieter, Port Elizabeth, Uit: Dagstukkies van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika.

V Uit die Woord: Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie; almal het my in die steek gelaat. Mag God hulle dit nie toereken nie! Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen. – 2 Tim. 4:16-18

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.