Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die ironie van Jona

Die boek Jona is bekender om daardie visstorie as om God. Dit is jammer, want Jona vertel ’n aardskuddende verhaal van ’n omgesukkelde profeet en sy genadige God. Wanneer die Here hom in Nineve wil hê, kies Jona ’n boot na Tarsis toe, weg van God af. Maar ook hier op die boot haal God vir Jona in. Eers moet die kaptein hom wakker maak terwyl hy in ’n storm lê en slaap. Uiteindelik word Jona oorboord gegooi.

Wat ’n ironie – die profeet van God moet eers oorboord gegooi word voordat die mense aan boord van die boot gered kan word. Die matrose ontmoet egter die Here deur Jona se poging om te vlug.

Sondes plaas God nooit in skaakmat nie. Hy is nie in die hoek as ons in die hoek is nie. Of as onsself die slag soek is nie. Selfs as ons vlug, gebruik die Here ons, soos met Jona. God is genadig met ander en met onsself. Hy skryf ons nie af as ons dieselfde met Hom probeer doen nie. 

Uit die Woord

  • Maar vir my is die Here ’n veilige vesting, my God is die rots waar ek kan skuil. – Ps. 94:22
  • Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. – Filip. 1:6

Meer oor:  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.