Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die kerk moet wys hy gee om
Laetus O.K. Lategan

Die fliek Dominee Tienie kan, soos van kuns verwag word, tot verskillende interpretasies lei.

Hooftemas in die fliek kan wees die soeke na die self, die betekenis van godsdiens en of daar nog ’n rol (enige rol) vir die kerk is soos “ons dit ken”.

Hierbinne kan ook temas wees.

Temas soos “mevrou dominee”, kwynende kerklidmaatgetalle, kerklike tradisie, selfdegeslaghuwelike en domi-nees wat “uitbrand”.

Dit is alles belangrike insigte oor die rol van die kerk, die dominee en kerk-lidmate.

Die fliek lewer self kommentaar op van dié temas.

Dink maar net watter invloed die preekstyl op die kollekte kan hê. (Dit is nie wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê.)

Dink ook aan die moeder, die gemeente, wat vir ’n gevalle “kind”, Sparky, nie ’n oop deur gehad het nie.

Dit alles vra waar die kerk vir jou is. My grootste “ervaring” was nie in mý kerk nie.

Nuwe statistieke oor die krimpende getalle binne die NG en Gereformeerde Kerk is intussen ook bekendgemaak.

Ons kan nie wegkyk van die werk­lik­heid van hierdie dalende lidmaat­getalle nie.

Dit alles vra waar die kerk vir jou is.

My grootste “ervaring” was nie in mý kerk nie.

Tydens ’n sabbatsreis was ek betyds vir die erediens in ’n klein Franse dorpie om maar net uit te vind die kerkdiens word die betrokke Sondag nie hier gehou nie, maar op die naas-liggende dorpie.

Die tekens van die tyd.

Toe sit ek maar op die kerktrap en lees uit my sakbybel. Matteus 11:30: “My juk is sag en my las is lig.”

Ek ervaar God se teenwoordigheid toe die kerkklokke begin lui.

Daar is vandag nie “kerk” nie, maar die evangelie is steeds aan diens.

’n Gerf vars blomme in die kerkhof op die terrein het ook vertel van ’n rus in God wat die mens sal erf al was die lewe ook hoe moeitevol. (Ironies genoeg het niks die graf teen die son verskans nie.)

Toe sit ek maar op die kerktrap en lees uit my sakbybel.

Ook dit is evangelie.

Al klink dit hoe vreemd, moet die evangelie beleef word, al is die kerk ook “toe” vandag.

Dit is immers die kerkgebou wat gesluit is.

Dit is nie die evangelie wat gesluit is nie.

Dit bly vir my die taak van die kerk: om die blye boodskap te bring, al is die kerkgebou ook leeg.

Hierdie boodskap mag nooit ’n susmiddel wees nie.

Liefde is nie ’n sentiment nie.

Geloof is nie ’n saambely nie.

Liefde vra om die mens wat jy bly miskyk, tog op te soek.

Geloof vra dat jy dit waarvan jy oortuig is, doen. Ek was honger, maar julle het my niks gegee om te eet nie (Matt. 25:34-40).

As kerk kyk “ons” die lewe in die oë.

En ons vra hoe word ék ’n stem vir die stemloses?

En ons vra hoe word ek ’n alter­natiewe stem vir die fopnuus wat elke dag aan ons opgedis word?

Die kerk se boodskap is om wat verkeerd is te korrigeer.

Só bevestig die kerk haar liefde vir die Bruidegom in die saamkoms tydens die erediens.

Die kerk rol moue op waar die staatsamptenare en politici se hande nie vuil mag word nie.

Die kerk huil oor elke vervreemde verhouding.

Die kerk beïndruk met ’n lewe van omgee.

’n Eerste stap sou wees om die erediens nie net te reserveer vir Sondae rondom nege nie.

Meer oor:  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.