Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die landskap van liefde

Die boek Hooglied leer ons dat liefde tussen minnaars ook tuishoort in die Bybel. In Hooglied hoor ons juis hoedat die weivelde, vrugteboorde en oop velde feestelik opgetooi word vir hul liefde. Op al hierdie plekke nooi Hooglied se twee minnaars mekaar tot nuwe ontdekkingstogte van die liefde. \

Hulle aanhoudende soektogte na mekaar laat die liefdesvlam hoër brand. Hooglied se liefdesavonture speel gedurig af op die roetes van respek en intimiteit, nooit op die paaie van siek wellus of selfsugtige begeertes nie. Wanneer die liefde op hierdie regte maniere seëvier, soos wat God dit bedoel het, is dit feestelik en opwindend. Geen wonder nie dat Hooglied van begin tot einde deurdrenk is met die opwinding en skoonheid van die liefde tussen hierdie vrou en haar beminde. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.