Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die ongewilde Jesus praat en leef vreemd
Jaco Strydom

Wie eerste is, sal laaste wees. Grootmense moet soos kinders word. Leiers moet dienaars wees.

Om geseënd te wees beteken gewoonlik dat goeie goed met jou en om jou gebeur: Jy word skielik ryk, jou vyande word oorwin, die wêreld om jou maak die lewe vir jou makliker.

Nie volgens Jesus nie.

“Geseënd is dié wat treur,” sê hy, “geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is.”

Vir die gewone mens gaan die suksesvolle lewe gewoonlik oor bymekaarmaak, groter word, groei in status, meer mag, belangriker posisies, groter gemak, hoër punte, vinniger spoed, rekords wat verbeter word. Meer, groter, belangriker . . .

Maar nie volgens Jesus nie. Volgens hom moet jy altyd iets laat gaan as jy rêrig suksesvol wil wees; nader aan God wil groei.

Jy moet minder hê, nie méér nie. Die dissipels moes hul nette los. Die ryk jong man sy rykdom.

Jesus praat nie net vreemd nie, maar leef ook vreemd. Hy hang met die verkeerde groep mense rond, sondaars, dronkaards en tollenaars.

y moet van jou bitterheid ontslae raak, 70 maal sewe keer vergewe, die ander wang draai, goed wees vir jou vyande.

Jesus praat nie net vreemd nie, maar leef ook vreemd. Hy hang met die verkeerde groep mense rond, sondaars, dronkaards en tollenaars.

En op die verkeerde plekke: in ’n Samaritaanse dorp, ’n melaatse se huis, hy gaan sit gereeld aan die tafel van sondaars, kuier selfs by die hooftollenaar – die grootste skelm van sy tyd.

Jesus was nie sy hande volgens die Joodse gebruike nie, sy dissipels vas nie op die gebruiklike vasdag nie en hy laat hulle toe om op die Sabbat koring te pluk.

Ons dominees en pastore wil dit graag so aangenaam as moontlik vir mense maak om vir Jesus te volg, maar dis interessant om te sien wat sy eie antwoord was wanneer mense gesê het hulle wil hom volg.

Vir die een ou sê hy jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die Mens het nie eens ’n plek om sy kop neer te lê nie.

Vir ’n ander ou sê hy om nie sy pa, wat pas gesterwe het, te gaan begrawe nie! Die ryk jong man moet eers sy rykdom gaan uitdeel aan die armes en dan terugkom.

Geen wonder mense het sulke lelike dinge oor Jesus kwytgeraak nie.

In ’n stadium sê sy eie familie hy het van sy kop af geraak (dit staan letterlik net so in die Bybel!).

Kort daarna sê die Fariseërs hy is besete. Jesus word ’n vraat en ’n wynsuiper genoem, ’n vriend van sondaars. ’n Dwaalleraar wat mense mislei. ’n Ketter wat teen God laster.

Sy boodskap klink vandag net so vreemd soos destyds. Dis die alternatief, die teenoorgestelde van hoe die wêreld werk.

As die boodskap van die kerk vandag gewild is onder die status quo, is dit waarskynlik net omdat ons nie die hele storie vertel nie.

  • Strydom is leier van Echo-jeugontwikkeling.
Meer oor:  Godsdiens  |  Bybel  |  Geloof  |  Jesus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.