Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die regte gesindheid

“Kry jou gesindheid reg!”

Van die skool tot by die huis is dit ’n gewilde uitdrukking. Nou ja, kry dit reg, maar kry dit reg op die Christus-manier. Hoe? Paulus help ons hiermee in Filippense 2 as hy skryf dat dit die gesindheid van Christus is om ander mense hoër as jouself te ag.

Die regte gesindheid is om te kies om op te kyk na ander, nooit af nie.

Dit is om te kies om die beste van mense te verwag en in hulle na vore te bring.

Dit is die keuse om aan te hou doen wat reg is, al doen niemand anders dit nie.

Loop dag vir dag, mens vir mens en daad vir daad op die Here se pad van respek en eerbied.

Dit vra moeilike keuses, daardie soort wat min mense bereid is om te maak.

Dit vra doelbewuste keuses om weg van jouself af te leef.

Tog is dit die regte roete van Christus, die roete van vrede en vryheid!

Meer oor:  Gesindheid  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.