Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die Stormloper is naby

Een van die eerste simbole wat die eerste Christene graag as uitkenningsteken gebruik het, was dié van ’n visserskuit. Jesus se stilmaak van die storm en sy waterwandeling was diep in hul geheue afgedruk.

Hulle het geweet die kerk is nie ’n veilige hawe doer ver buite die storm nie. Hulle het geweet hulle was aan boord van ’n klein skuitjie op die stormsee. En Jesus, hul Heer, was steeds op die stormwaters aan’t soek na drenkelinge.

Saam met diegene wat Hy gered het, was Hy op pad terug na sy dissipels toe. Die eerste Christene het Jesus se woorde goed onthou toe Hy daar op die See van Galilea sy bevreesde dissipels op die skuit raakgesien het: “Moenie bang wees nie. Dit is Ek.”

Hulle het geweet die groot Stormloper is ook die Een wat storms laat bedaar. Ligvoets op woeste waters, maar ook kalm te midde van vrees wat almal oorweldig – so was Jesus fisiek by sy dissipels in die storm aanwesig. So is Hy nog altyd by sy kerk. 

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.