Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Die verslawing en lang lekkerte van kortverhale
Martie Retief Meiring

Kortlees is dieplees. Dis ook proelees.

Só proe jy, die leser, die vars dun-dun gekerfde boontjies wat hy rustig onthaar nadat hy die pluksel gebring het. Sy kerf, deurskynend dun. Wat kan dan hierdie idille smoor?

Dis Cecile Cilliers op haar allerbeste as kortverhaalskrywer. Lees dan ook die vreemde, ontstellende verhaal van ’n trourok wat eindelik as trourok teregkom.

Cecile het oor die tagtig gespring om haar eerste kortverhaalbundel te publiseer: Die ou vrou en die priester.

Sy weet van woorde, hoe om hulle in te span, hoe om hulle weg te laat, hoe om ’n sonstreep teen ’n muur te beskryf of die verskriklike gelatenheid van ’n tienerliefde vir ’n ouer man.

Letterkundige, rubriekskrywer, digter, die eerste nie-predikantsvrou om in die sinode as
visevoorsitter te dien, fynkok, reisiger, openbare spreker, boekkenner, iemand wat kan lag dat jy haar waar kan hoor.

Waarom die lang wag voor hierdie sprong tot fiksie? By die Woordfees op Stellenbosch, môre, kry ek die kans om haar te vra.

Min woorde, groot emosies. Cecile skep ’n tekstuur van woestyn, tuine, stedelike, verlate omgewings, sterk passie, menslikheid en, die sleutel tot ’n kortverhaal, onverwagsheid. Sy laat jou, die leser, wil teruggryp na, van alle skrywers, Guy de Maupassant en sy “Die halssnoer”. Die kortkuns wat die menslike aard in al sy fasette blootstel.

Cecile laat jou verlang om weer jou Tsjekofs af te stof, om Abraham de Vries nader te trek of Annie Proulx bedtafel toe te vat. Gits, selfs O. Henry kan weer gelees word.

Toe iets gans anders: Tussen die gedruis van massas mense by die Woordfees vir ’n stille cappuccino blaai ek deur Tex de Swardt se Sonder brieke, afdraand af. Etlike ligjaar weg van Cecile se boek – ’n manneding, hierdie boek vol sketse.

Tex tref tagtig soos ’n man wat nie kan stilsit nie. Sy pen kan ook nie stilsit nie

ex tref tagtig soos ’n man wat nie kan stilsit nie. Sy pen kan ook nie stilsit nie. Hierdie bekende oud-Matie, sakeman en studenteleier het met ’n kitaar op universiteit opgedaag.

Hy daag nog steeds met sy kitaar op. Hy is die stoepstorieverteller par excellence. Nie lank nie onthou die maters wraggies nog die woorde van die goue oues, veral “On Top of Old Smokey”.

Ek lag. Ek dink ook: Tex, ou mater, jy gaan diskriminasiehof toe gesleep word. Die manne doen allerlei om hul vroue gerus en dus onwetend te hou. Feministe, die humorloses, sal stik.

Die “bestes” – let wel, nooit as “vroutjies” aangespreek nie (dankie, Tex!) – is alte dikwels aan’t koop en so sit ta alleen met sy koffie totdat ’n ander (sy vrou ook winkels toe) opdaag.

Dan blom die stories, die skinder, die lekker. Dis eintlik Oudword 101 – met stoutigheid as die hoofvak.

Dan trek ek Cecile se boek weer nader. Ek lees: “ ‘Hoe’t jy geslaap?’ vra Pieter. “ ‘Slegs’, antwoord sy.”

Nou móét ek verder lees – die verslawing van die kortverhaal.

Meer oor:  Menings  |  Lees  |  Boeke  |  Verhale  |  Kortverhale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.