Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Dien Hom waagmoedig

“God has some strange children,” merk ’n vriend op. Toe dink ek aan die profete van die Ou Testament. Hosea was byvoorbeeld getroud met ’n vrou van losse sedes. (Vir seker was sy nie die voorsitter van die gemeente se vroueaksie nie!)

Deur Hosea se huwelik en sy kinders se vreemde name moes Israel leer van hul eie ontrouheid aan die Here. Jesaja het weer vir drie jaar kaal en sonder skoene geloop (Jesaja 20).

Dit moes dien as ’n simboliese boodskap vir alles wat op Egipte en Ethiopië wag. Jeremia moes weer vir ’n tyd lank met ’n juk op sy skouers rondloop (Jeremia 27-28). Hierdeur moes hy die boodskap oordra dat Israel en sy buurvolke onder koning Nebukadnesar se juk sou beland indien hulle nie oorgee nie.

God werk soms onvoorspelbaar. Hy gebruik vreemde mense op snaakse maniere. Moet dus nie iemand te gou afskryf wat die Here anders as jy dien nie. Moet ook nie te stereotiep glo of leef nie! Dien die Here waagmoedig. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.