Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Dissipline teenoor straf

Hoekom dink sommige mense God moet sy liefde van mense weerhou om hulle die een of ander les te leer? Hoekom sê hulle net wanneer slegte dinge gebeur dat God hard praat? Lyk my die idee loop steeds diep dat God mense moet terugkry of seermaak om hulle iets te leer.

Hebreërs 12:6-7, waar sprake is van vasvat van God se kant af, dui nie op ’n liefdelose geslaan en rondrukkery aan ons nie. Die Griekse woord paideuein wat hier gebruik word, dui op morele dissipline. God dissiplineer ons onderwysend en vermanend, net soos wat elke liefdevolle ouer sy eie kinders dissiplineer om vir hulle lewenslesse en goeie maniere te leer. Dissipline hou verband met die toekoms, terwyl straf verband hou met die verlede. Straf kry terug; dissipline beteken vordering.

Jesus het klaar ál die straf namens ons gevat, maar God wil ons steeds vorm en leer. Sy dissipline sluit in vermanings, teregwysings en ander lewenslesse sodat ons die regte koers sal inslaan. Só vorm God ons op harde en sagte maniere. 

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Liefde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.