Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Dít moet ons almal se leuse in dié tye wees

Met elke toespraak wat pres. Cyril Ramaphosa gedurende inperking gelewer het, het hy landsburgers bedank vir hul samewerking. Tog weet ons dat daar, in die minderheid, wel mense is wat verskillende inperkingsreëls verbreek en oortree.

Die stryd om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, is ons almal se verantwoordelikheid. Dat almal nie hul kant bring en dit sien as hul verantwoordelikheid nie, bemoeilik die stryd teen die pandemie.

In The Road Less Travelled skryf M. Scott Peck dat ons nie die probleme van die lewe kan oplos nie solank ons sê: “Dit is nie my probleem nie.” Nog minder kan ons dit oplos deur te hoop dat iemand anders dit vir ons gaan oplos. Hy meen ons kan dit net oplos wanneer ons kan sê: “Dit is my probleem en dit is vir my om dit op te los.” Wat hy hierdeur wil sê, is dat ons net ’n probleem kan oplos so gou as wat ons self verantwoordelikheid neem daarvoor. Solank ons nie persoonlike verantwoordelikheid neem nie, sal die probleem nie opgelos word nie.

Sosiale afstand, die dra van maskers, die gereelde was van hande en die skoonmaak van werkoppervlakke is ons almal, en meer nog, ons eie verantwoordelikheid. Hierdeur verseker ek my eie veiligheid, asook dié van ander.

Die koronavirus dwing ons almal om ’n gewoonte van higiëniese praktyke aan te leer.

Dalk het ons vroeër ons higiëniese veiligheid afgeskeep. Nou moet ons ’n gedurige bewustheid hê van higiëne. Die koronavirus dwing ons almal om ’n gewoonte van higiëniese praktyke aan te leer. Ja, die koronapandemie laat besef ons die noodsaaklikheid van spesifieke, maar ook algemene, higiëne vir ons eie en bestaan saam met ander.

Die stygende getalle van infeksie laat ons besef ons kan nie langer sê dat die probleem deur ander veroorsaak word en dit daarom nie my probleem is om op te los nie. Ons kan nie langer sê hulle – die regering, medici ensovoorts – moet dit oplos nie. Ons en ek moet verantwoordelikheid neem om onsself en ander te beskerm deur alle voorsorgmaatreëls na te kom.

Ek dink dit is ’n geval van doen aan ander wat ons wil hê ander moet aan ons doen. In die Christelike tradisie staan dit bekend as die “goue reël”, soos opgeteken in Mattheus 7:12.

Ja, dit mag moeisaam en selfs irriterend of ongerieflik wees om elke keer jou hande te was, werkoppervlakke skoon te maak en ’n masker te dra, tog is dit my en ons verantwoordelikheid om alles in ons vermoë te doen om die verspreiding van die virus te bekamp.

Onverantwoordelike optrede dra nie net by tot die verspreiding van die virus nie, maar stel ander en ons eie lewe in gevaar.

Met verantwoordelike optrede sal ons sekerlik bydra tot die afplatting van die infeksiekurwe en sal ons gouer na die volgende vlak van inperking kan beweeg. Persoonlike verantwoordelikheid moet ons almal se leuse wees.

  • Dr. Katts is ’n voormalige moderator van die Volkskerk van Afrika.
Meer oor:  Donald Katts  |  Inperkingsregulasies  |  Christenskap  |  Geloof  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.