Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Dit was aand, dit was môre, die vyfde dag

Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die vyfde dag.

God het beveel dat die noordelike witrenoster die savannes van Afrika tot in ewigheid moet bewei; dat die treurrivier-ghieliemientjie in die boonste gedeelte van die Blyderivier in Mpumalanga moet floreer; dat die oewerkonyn op die walle van die Brakrivier en die Visrivier tussen die boegoebos en gannabos kos en skuiling moet vind; dat die Atlantiese stormvoël met sy 105 cm-vlerkspan waarvan die roep heel selde oor ons waters gehoor word, met wye boë hoog bo die see moet bly patrolleer; dat die 30 m lange blouwalvis eeue aaneen grasieus deur die oppervlak van die see moet bly sny.

Petro Hansen

God se opdrag was dat die mens moet toesien dat die olie wat uit skepe lek nie aan die vel en veer van pikkewyne moet vasgom nie, en dat die mahem met sy helderkleurige kop nie op die Oos-Kaap se grasvlaktes verdwyn nie.

Toe het God gesê: “Laat die aarde lewende wesens voortbring, elkeen na sy aard: mak diere, diere wat kruip, wilde diere, elkeen na sy aard.” So het dit gebeur. En God het gesien dit is goed.

Dit is die dag voor Menseregtedag. Ek lees die opskrif van ’n nuusberig op Netwerk24: “ ’n Hartseerdag.”

Op die foto by die berig hurk die natuurbewaarder Joseph Wachira by die 45-jarige Sudan, die laaste lewende noordelike witrenosterbul. Joseph se regterhand rus op die renosterbul se kop en hy laat hang sy kop teen die lyf van ’n dier wat pas sy laaste asem uitgeblaas het.

Dis asof Joseph bieg voor hierdie wilde dier, wat hy die afgelope nege jaar in die Ol Pejeta-bewaringsgebied in Kenia opgepas het en voor lief geraak het: “Jammer dat die mensdom net toegekyk het hoe die noordelike witrenoster uitsterf.

Die Smith-dwergverkleurmannetjie mag nie van die takke van die bome op die bontveld van ’n kontinent verdwyn nie. Dit is waarvoor die mens as rentmeester oor die diereryk aangestel is.

Jammer dat die Wêreldnatuurfonds se pleidooi dat dringende optrede nodig is om die onwettige handel in wild en hul liggaamsdele eens en vir altyd stop te sit, te laat vir jou is, Sudan.”

Dit kan nie meer alles so goed vir God wees soos dit in Genesis was nie, dink ek toe ek die foto sien. Die son het oor Sudan gesak en môre kom die son oor Menseregtedag op. Dis goed om Menseregtedag te vier. Dit is gepas dat alle Suid-Afrikaners, van watter ras ook al, bewus moet wees van hul regte as mens.

Dit is nodig dat ons aan die gruwelike regskendings van die verlede herinner word. Dit is nodig om die bestuurder wat ongeduldig in Jan Shobastraat op die Brooklynsirkel afpyl te herinner aan die veiligheid van ’n ma met kind aan die hand wat die voetgangeroorgang oorsteek. Dit is egter die vergryp aan renosterhorings wat in my gedagtes maal, ’n wreedheid wat ’n spesie op sy knieë dwing.

Die tjuk-tjerie van die Vaalrivierlewerik mag nie op die hoogliggende grasvelde van Afrika stil raak nie. Die Smith-dwergverkleurmannetjie mag nie van die takke van die bome op die bontveld van ’n kontinent verdwyn nie. Dit is waarvoor die mens as rentmeester oor die diereryk aangestel is.

Meer oor:  Petro Hansen  |  Godsdiens  |  Menings  |  Bewaring  |  Renoster  |  Rubrieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.