Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Drie taallesse vir reg praat

Iemand sê hy is diep teleurgesteld in my. Dadelik vra ek hom of hy dit nie kan afgradeer na “vlak teleurgesteld” nie; dan het ek ruimte vir verbetering. Hy wou nie!

Nou ja, vele mense is uit die staanspoor ook diep geskok, diep ontnugter, of diep seergemaak. Hulle mag dalk sê dis net uitdrukkings, maar dis nie die volle prentjie nie. Al ons woorde vloei voort uit ons kop en hart se taalstoor. As ons taal al so gestagneer het dat ons amper enigiets onbedoeld of onnadenkend kan sê, is dit hoog tyd vir vars taal.

Wat van drie vinnige Bybelse taallesse:

1. Vra saam met Psalm 141:3 vir God om ’n permanente wag voor jou mond aan te stel.

2. Weet saam met Spreuke 18:12 dat kwetsende woorde soos messteke is wat ander stukkend praat. Hou op om so te praat.

3. Weet saam met Spreuke 10:20 dat opbouende woorde soos kosbare silwer is. Dit bou ander op en dra God se goedkeuring weg.

Praat sulke taal! 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.