Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Ek swyg oor die blomme
Johan van Wyk

Ek gaan nie uitbasuin waar die mooiste veldblomme aanstons in Namakwaland, die Boesmanland en die noordwestelike Karoo te sien sal wees nie.

As jy dié wêreld bemin en met diepe kommer sien hoe dit al meer oopgeruk en uitgeveil word, hóé die geheimenisse die een ná die ander verdwyn, swyg jy.

Ek weet dis afgunstig, maar dis nou maar hard luck!

Ek is bereid om baie dinge te deel, maar nie wat van die platteland oor is nie. Die deep platteland soos die ou Sappe graag daarna verwys het, die middelpunt van Suid-Afrika.

Ek skerm vir hom en sy geheime. Waarheen gaan ons vlug as daar nie meer geheime plekke is nie? ’n Beklemming daaroor kom oor my elke keer wanneer ek ’n bekende reistydskrif oopslaan.

Blommetyd gaan nie net meer oor blomme kyk nie, maar om die vinnig verdwynende platteland van Suid-Afrika soos mense dit oor geslagte heen leer ken het, te beleef omdat hulle instinktief aanvoel dat dit aan die verbygaan is. Dít, en nié blomme nie, is die grootste rede vir hierdie toenemende uittog om ’n wyle weg te kom van die werklikhede van ’n Suid-Afrika wat teen ’n verbysterende tempo verander en verstedelik. Die blommetjies in ’n goeie reënjaar is bloot ’n bonus, en vir die omliggende dorpe ’n pasella wat ek hulle gun.

Wat ek wel sal verklap, is dat die goeie reën meegebring het dat die gousblomsaailinge deur die aardkors boontoe beur in die rigting van die son.

Wat ek wel sal verklap, is dat die goeie reën van die afgelope tyd meegebring het dat die gousblomsaailinge deur die aardkors boontoe beur in die rigting van die son. Moet my nie vra waar nie.

Nee, dis nie die Ceres-Karoo oftewel die Tankwa-Karoo nie. Ek noem hom die Ceres-Karoo. Hy het wel ook gereën gekry, hoewel nie so dat jy dit sal agterkom nie. Nie dat baie reën daar nodig is vir die blommetjies nie.

Sy boere, die enkeles wat daar oorgebly het, wil ook nie ’n oordaad reën hê nie. Goeie Noordweste-boere kom met die minimum reën klaar. Hulle kan sewe jaar van droogte vat, maar nie sewe dae van reën nie. Vra my, ek het in sewe jaar van droogte aangekom en op vierjarige ouderdom die eerste keer reën gesien.

Bont Schalk het hierop verbeter. Ná ’n operasie op gevorderde leeftyd het hy gespog dat die verpleegsters wat hom voor die operasie moes was, ná drie dae op sy doopsokkies afgekom net.

Nee, dis ook nie die Knersvlakte of Gifberg buite Van Rhynsdorp nie. Ook nie Botterkloof in die Cederberge buite Clanwilliam nie. Ook nie die Weskus nie. Ook nie Nieuwoudtville nie. Raai maar, my lippe is gesnoer!

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Blomme  |  Platteland  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.