Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Elke gesprek is geestelik

“Hoe gereeld voer jy geestelike gesprekke met mense?” vra iemand. Dadelik antwoord ek dat elke gesprek wat ek voer geestelik van aard is. Ons albei is vir ’n oomblik verbaas oor hierdie antwoord. Toe ek my gedagtes bymekaar kry, dink ek dat ek steeds saamstem met wat ek pas gesê het.

Ek verduidelik toe dat ek God beskou as die Eregas en die Gasheer by elke ete, elke gesprek, en elke interaksie in my lewe. Daarom skakel ek nie oor vanaf “gewone ratte” na die een of ander “geestelike rat” wanneer ek oor die Here praat nie. Ek leef nie my lewe in verskillende silo’s nie.

Ek is altyd aan diens vir die Here. Ek leef vir Hom. Daar is nie af tye of vakansieverlof nie. Daarom vertrou ek die Here om ál my gesprekke te rig en lei, en om ál my woorde met goeie sout te besprinkel. Ek leef doelbewus vir Hom. Ek is 24/7 aan diens, nie net wanneer dit my pas nie. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.