Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Erken en dien Hom

Die destydse Formule Een-kampioen Ayrton Senna het die spoedgrens oortree en is deur ’n Britse verkeers­beampte voorgekeer. Die beampte het hom nie herken nie en vra hom toe of hy dink hy is Nigel Mansell. Senna se antwoord? “No, I am faster than him!” Toe snap die verkeersbeampte eers met wie hy praat.

Jesus is ook dikwels nie herken nie. Sommige mense het Hom selfs vir die duiwel aangesien. Hulle het Hom beledig en uitgeskel. Nog ander het Jesus aan ’n houtkruis vasgespyker om Hom stil te kry. Maar Goddank, baie mense het Jesus wel herken. Hulle het Hom ook erken vir wie Hy regtig is. Vandag word Jesus misken én herken. Om Jesus te herken is om Hom te erken en te dien as die Seun van God. Om Jesus te herken is om Hom te volg as Heer. – Stephan Joubert

Meer oor:  Ayrton Senna  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.