Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Evalueer jouself in sy lig

Dawid se dapperheid het op ’n dag die treffersparades gehaal. Nadat hy Goliat verslaan het, het Israelitiese vroue ’n lied oor hom gesing: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende” (1 Samuel 18:8). Dit het Saul blind van jaloesie gemaak. Van toe af wou hy Dawid doodmaak.

Hierdie lied het ook ander treffers­parades gehaal. In 1 Samuel 21 haal Filistynse soldate dit aan wanneer hulle met koning Akis oor Dawid praat. Dawid het spoedig agtergekom dit is ’n risiko wanneer mense jou begin ophemel. Of wanneer hulle slegte dinge oor jou sê wat nie die waarheid is nie.

As dit ooit met jou gebeur, moet jy sorg dat dit nie na jou kop toe gaan nie. Jy kan nie keer dat mense goeie of slegte dinge oor jou sê nie, maar jy kan keer dat dit in jou hart nes maak. Wees hoflik en dankbaar vir komplimente, en evalueer kritiek. Maar evalueer jouself bo alles in die lig van God se Woord. Wees nederig. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.