Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Evangelie daag ons uit

“Ontsteld.” “Ongelukkig.” “Omgekrap.” Dit is tipiese woorde wat mens hoor as jy luister na party kerklikes se gesprekke. “Was dit ooit anders?” dink ek dan by myself.

Toe ek ’n jong leraar was, het een ouer kollega graag gesê: “Ons moenie die lidmate verwar nie.” Toe vra ek hom eendag: “Sê nou hulle is verward omdat hulle nooit toegelaat is om selfstandig te dink of te glo nie?” Ek het ’n besetkode as antwoord gekry!

Spoedig het ek besef dat as ek my lewe daaraan moet wy om ongelukkiges te probeer gelukkig hou, dan mis ek my roeping. Die evangelie van Christus is helder, maar stroomop.

Dit krap om en bou op. Dit daag uit en skep veiligheid. Dit bring verandering, maar dit bring ook weerstand. Dit trek nader en verwyder.

As ons hierdie spanningsveld kunsmatig probeer oplos, dan koel ons die evangelie af tot ’n gerieflike kamertemperatuur. As ons die evangelie sagter maak en minder uitdagend uitleef as wat dit is, dan is ons self steeds verward. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.