Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gaan hiérom kerk toe

Dit het mode geword om in preke te sê ons moet gaan kerk wees in die wêreld. Die Nuwe Testament verduidelik dit anders. Hier word die Griekse woord vir kerk, “ekklesia”, nooit as ’n werkwoord gebruik nie.

Kerk is ’n gemeenskap van mense wat gesamentlik Jesus as Heer bely en beleef. Kerk is gelowiges wat saamkom om die Here te dien en te aanbid.

Die term “opbou” is op die tafel wanneer kerk in die Nuwe Testament ter sprake is. Kerk is die geestelike gimnasium waar gelowiges se geloofspiere opgebou word. Kerk is die simfonie-saal waar ons stemme geoefen word om God te loof. Kerk is die hospitaal waar ons wonde verbind en medisyne uitgedeel word. Kerk is die familie-byeenkoms waar die Here se mense feestelik saamkom en mekaar ondersteun en bemoedig.

Buite die grense van die kerk is dit dan individuele gelowiges se roeping om God se koninkryk te laat kom. Opbou verander hier in uitbou. Toegeruste gelowiges word elders die Here se sout en lig. 

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.