Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gaping tussen hoor, doen

As jy al op die moltreine in Londen gery het, dan ken jy daardie uitdrukking: “Mind the Gap.” Wanneer die treindeure oopswaai, hoor jy dit gereeld.

Dit dien as waarskuwing aan passasiers om die gaping tussen die trein en die platform in ag te neem.

Dalk moet ons dit gereeld vir onsself as navolgers van die Here sê.

Daar’s dikwels ’n gevaarlike gaping tussen dit wat ons glo en hoe ons leef. As ons bely ons dien die Here maar ons lewe vertel ’n ander storie, is hierdie gaping te groot. Dan hou mense op luister na ons.

Ons getuienis is dat ons die Here prakties liefhet. En dat ons groei in ons verhouding met Hom en in ons omgee vir ander.

Geloof wat eg is, is geleefde geloof, nie net belyde geloof nie. Dit raak grond. Dit raak ons denke, ons harte, ons hande en ons voete.

Kom ons laat krimp vandag die gaping tussen wat ons glo en hoe ons prakties vir die Here leef. 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed  |  Moltreine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.