Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gebed is nie ’n pleister

Psalm 50:15 sê die Here se kinders moet Hom aanroep in die dag van benoudheid. Hy sal ons help. Maar dan moet ons Hom eer ná die tyd. Ons moet besef gebed is nie net ’n noodwiel tot ons weer aan die stuur van sake is nie.

Gebed is ook nie ’n pleister tot ons weer gesond is nie. Dit is ons lewe. Ons bid in krisisse, maar ook as krisisse verby is. Ons bid sonder ophou, soos wat Paulus skryf in 1 Tessalonisense 5. Ons ganse lewe is omring met gebed. Dit is ons asemhaling, ons padwyser, ons kompas. Ons praat met Hom as ons opstaan en as ons gaan slaap.

Ons praat met Hom as ons eet en as ons werk. Ons praat met Hom as ons eenkant is en as ons tussen ander is. Ons eer Hom gedurig. Hy gee elke dag vir ons brood, genade, nuwe lewe, hoop. Daarom loop ons gebede oor van dankbaarheid. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.