Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gedig: ‘Ons is plat in Macassa’

Hierdie gedig deur David C. Jantjies is geskryf ná die ontploffing by Rheinmetall Denel Munition se aanleg in Macassar wat minstens agt lewens geëis het.

’n Vrou steek ’n kers aan vir die slagoffers van die ontploffing by Rheinmetall Denel Munition (RDM) se aanleg in Macassar tydens ’n gedenkdiens. Foto: Jonathan Lestrade

Ons bly net orie pad

Net orie Macassa-pad vannie Denel

Die een mettie moerse knal

Ôs hoon in geboure hyse

Ôs hoon in shenties

Ôs hoon in whendies

Ma ôs is skoon en ôs is mense

Ôs hoon in strate met name van vole

En van diere

En musicals, daais nou smaat

En vanne van mense

Ons bly net orie pad

Net orie straat

Een enkele straat

Net orie Macassa-pad vannie Denel

Die een mettie moerse knal

Ôs mense wêk da

Ôs mense verdien hulle se geld da

Ôs mense van Macassa

Ôs maak hierie kantrie se emmenusin da

Byrie Denel

Die een mettie moerse knal

Net orie pad

Een enkele straat

Net orie Macassa-pad vannie Denel

Die een mettie moerse knal

Nou’s ôs mense dood

Agt bodies wat nog laaswiek lewendig was

Here ek kannit nie vestaan nie

Daas ma’s wat skrie

Daas ma’s wat gebriek is

Daas ma’s wat mal raak

En vrouens van manne wat nou bodies is

En pa’s wat sê ekkit julle lankal gesê

Hie kô nog groot stront

As Denel explode

Nou’s my kind ’n victim

En kinnes het hulle pa loep en veloor

Net orie pad

Een enkele straat

Net orie Macassa-pad vannie Denel

Die een mettie moerse knal

En ons is plat Here ons is plat

Hie innie Macassa

Net orie pad

Een enkele straat

Net orie Macassa-pad

Vannie donnerse Denel

Die een mettie moerse knal

Die digter David C. Jantjies. Foto: Verskaf

* Jantjies is ’n afgetrede skoolhoof van Kuilsrivier. Hy is tans projekbestuurder vir die Moedertaalprojek van die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust (SAOOT).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.