Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gee, al het jy self min

“Anyone who has ever struggled with poverty knows how extremely expensive it is to be poor,” sê James Baldwin.

Tereg!

Daarom breek God se hart vir arm mense. Hongeres is altyd op sy agenda. Noodlydendes moet altyd ook op sy kinders se agenda wees.

Maar jy dink dalk nou dat jy self worstel om kop bo water te hou; daar is niks oor om ander mense mee te help nie? Wel, die Bybel het goeie nuus vir jou: Jy is nooit te arm om iets met iemand anders te deel nie.

In Lukas 3 sê Johannes die Doper vir die armste mense as hulle nog twee stelle klere op hul naam het, dan het hulle steeds iets om te deel.

Een snytjie brood; een glas water; een klein stukkie hulp aan iemand in nood – dít alles maak die lewe ’n stukkie makliker vir iemand wat swaarkry.

Dit vul vandag se leë ruimtes met hulp én hoop.

Dit maak God se genade vandag tasbaar.

Meld aan by sy genadespan, vandag nog! 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed  |  Armoede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.