Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gee die geskenk van vergiffenis
Laetus O.K. Lategan

In hierdie nuwe dekade, soos almal wat verby is, is ’n mens op reis. Hier-die reis is nooit alleen nie. Mense is deel daarvan.

Jammer om te sê, maar op hierdie reis word menseverhoudings dikwels beproef. Die afgelope dekade bewys dit. Die reënboognasie se ideale het dikwels op ’n dun spanningskoord geloop. Daar is nog net te veel klagtes van rassisme, genderuitdagings en mensegeweld. Voeg hierby te veel bewerings wat gesê en geskryf en nie herroep of ongedaan gemaak kan word nie. Die tweede misstap is nog erger. Daardie skouer-ophalende: “Ons het klaar gepraat.”

Te min pogings word aangewend om gebreekte verhoudings te herstel.

As geen daadwerklike pogings aangewend word nie, gaan dit hierdie dekade nie anders wees nie.

Ongeag die aard van menseverhoudings, is dit kompleks en broos.

Is daar enige persoonlike verhouding, soos ’n huwelik of saamwoonverhouding, waarin daar nie by geleentheid krapperigheid is waarvan werk gemaak moet word nie?

Gesin-, familie- of vriendskapverhou-dings is ook nie sonder teleurstellings of afstand nie. Verhoudings by die werkplek is uitdagend en moet omsigtig bestuur word. Ons algemene samele­wingsverhoudings is spanningsvol en wil nie altyd vlot nie. Wat het geword van die lewensruimte wat ons mekaar moet gun?

Naas politieke, ekonomiese en omgewingsuitdagings is daar wêreldwyd groot mense-uitdagings. Ons sal dié gety moet keer.

Swak en verbreekte verhoudings is ’n werklikheid wat nie sommer as verby-gaande afgemaak kan word nie.

Daar is groot haas om iemand tereg te wys oor sy/haar bedenklike inte­gri­teit of wat hy/sy aan ’n ander se integriteit doen. Selde word ’n poging aangewend om eerder versoening as konflik te soek. Hoe rym dit met ’n algemene menseregtehouding dat geen mens die reg het om geweld – fisies, emosioneel of simbolies – teenoor ander te pleeg nie? In wie se naam word dit gedoen? Watter ideologie of oortuiging? Erger nog, in God se Naam.

Naas politieke, ekonomiese en omgewingsuitdagings is daar wêreldwyd groot mense-uitdagings. Ons sal dié gety moet keer.

Wanneer die Israeliete onderweg is na die beloofde land, ontvang hulle naas die tien gebooie (Eks. 20:12-17) ook opdragte oor sinvolle menseverhou-dings. In Eks. 23:1-9 word geskryf dat ’n mens nie agter die meerderheid aan verkeerd moet doen nie. Onetiese optrede word nie deur die hoeveelheid mense wat dit doen, geregverdig nie. ’n Mens bloos as die teks begin met die opmerking dat jy nie skinderstories oor die naaste moet versprei nie, dat jy die randfigure se reg nie moet ontneem nie of dat jy nie omkoopgeskenke moet ontvang nie omdat dit ’n mens blind in jou beoordeling maak. Dié teks vra ’n basiese respek vir en barmhartigheid teenoor ander. Onthou, sê die teks, dat ook jy ’n vreemdeling in Egipte was. Ook jy was eens ’n randfiguur. Geboelie en verontreg.

Moet almal dit nie weer ’n slag onthou nie?

Christus bou in Sy bergrede hierop voort deur ons te herinner aan ons gesindheid teenoor ander. Dink maar aan sy ongemaklike woorde dat as jy vir iemand kwaad is, is dit so goed asof jy ’n lewe geneem het (Matt. 5:21-22). Wie met begeerlike oë na ander kyk, het reeds in die hart owerspel gepleeg (Matt. 5:27).

Ons sal mekaar hierdie dekade moet vind, respekteer en saam op die weg gaan, ongeag die soort verhouding.

Die herstel van verbreekte verhoudings begin by vergiffenis. Roger Burggraeve, Belgiese etikus, praat van die geskenk van vergiffenis. Van slagoffer aan dader.

Moet ons nie begin om hierdie geskenk aan mekaar te gee nie?

Wie sal dit kan weier?

Meer oor:  Geloof  |  Uitdagings  |  Menswees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.