Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gee hoop, so in die loop

Alle redelike mense stem saam daar’s heeltemal te veel geweld en misdaad in Suid-Afrika. Vir seker is die oplossings hiervoor nie maklik nie.

Die roete wat God se mense in hierdie dae moet loop, is egter helder uitgestippel in sy Boek: Volg die Prins van Vrede! Loop agter Hom aan wat God se nuwe koninkryk na ons toe gebring het. Volg Hom van wie die engele gesing het dat Hy vrede op aarde bring; God se soort vrede.

Nooit het Jesus geweld met geweld beantwoord nie. Geknakte riete het Hy nie gebreek nie. Rokende lampe het Hy nie uitgedoof nie. Haat het nooit ’n vastrapplek in sy nabyheid gekry nie. Vir armes en randfigure het Jesus ’n ruim hart gehad . . . en kos ook! Verwaandes, geweldenaars en selfgeregtigdes moes egter by Hom hoor dat hulle tot inkeer moet kom.

Loop opnuut agter die nederige, hemelse Kneg aan. Wees sy vredemakers. Bou brûe tussen strydendes. Bid vir vriende en vyande. Gee om. Deel brood met hongeres. Versprei hoop so in die loop. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.