Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gee mekaar nog ’n kans

Godsdienstiges gaan jou die een of ander tyd teleurstel. Hulle is immers ook net mense, soos jyself. Hulle is nie van foutvrye materiaal of vlekvrye staal gemaak nie. Hulle struikel dikwels, net soos jy.

Soms het hulle ’n af dag. Dan kan jy nie gló hulle tree op soos wat hulle optree nie. Dit gaan jou teleurstel.

Vir seker is jy reg as jy meen hulle moes beter getuies van die Here wees. Loshande moet ons dit almal wees. Ons is nie daar waar die Here ons wil hê nie. Ons almal het voete van klei.

Gelukkig gee die Here nie so maklik op met ons soos wat party van ons met mekaar opgee nie. Daar is immers ’n bordjie langs elkeen van ons se lewe met die woorde: “In permanente aanbou van die Here.”

Genadiglik begin God gedurig van voor af met ons. Al stel ons Hom en ander mense teleur, is daar altyd ’n nuwe kans by God te vind. Kom ons leef ook so ruimhartig teenoor ander. 

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.