Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Geestelike Waardes: ’n Boom is net so sterk as die woud wat dit omring

Die Protestantse teoloog Paul Tillich vertel in een van sy preke – getiteld “Nature, also, mourns for a lost good” en opgeneem in sy bundel The Shaking of the Foundations (1949) – van ’n keer dat hy saam met ’n bekende bioloog onder ’n boom gesit het. Onverwags het die natuurwetenskaplike uitgeroep: “Ek wil graag iets van die lewe van hierdie boom weet. Die boom voel so ontoeganklik.” Hy het natuurlik reeds heelwat teoretiese kennis oor bome gehad. Sy begeerte was eerder na ’n vorm van kommunikasie met die boom self.

Die insident het Tillich laat wonder of sodanige kontak moontlik is in hul tydsgewrig, gegewe die wyse waarop die natuur aan menslike beheersing en hebsug onderwerp word.

Onlangs het die Duitse boswagter Peter Wohlleben se The Heartbeat of Trees: Embracing the An­cient Bond with Forests and Nature verskyn. ’n Deurlopende tema in dié boek is die gedagte dat ’n herstelde band met bome en woude moontlik en heilsaam is (soortgelyk aan die versugting na verbintenis wat die bioloog in Tillich se preek uitgespreek het). Wohlleben het veral bekendheid verwerf vanweë sy internasionale topverkoper The Hidden Life of Trees: What They Feel, How They Communicate (2016). Daarin skryf hy op ’n toeganklike wyse oor hoe bome deur middel van komplekse netwerke en ekosisteme met mekaar verbind is.

Hy praat selfs van bome as sosiale wesens. Daarmee sluit hy aan by die gedagte van ’n “Wood Wide Web”, met as gevolgtrekking dat ’n boom slegs so sterk is soos die woud wat hom omring.

In The Heartbeat of Trees bou Wohlleben voort op hierdie tema en lewer hy veral ’n pleidooi vir die versterking en verdieping van ons band met die natuur. Daarom sy uitnodiging en aansporing om met al ons sintuie bome en woude in hul biologiese kompleksiteit te beleef. Ons deel immers dieselfde wêreld.

Tillich onderstreep ook hierdie verbondenheid van mens en natuur. Daarmee het hy egter geensins ’n tipe sentimentele natuurromantiek in gedagte nie. Soos hy dit stel: “Humans and nature belong together in their created glory, in their tragedy, and in their salvation.”

Die oproep waarmee Tillich sy destydse preek afsluit, klink ook steeds gepas en daar is tekens dat dit in ons dag opnuut weerklank vind: “Therefore, commune with nature! Become reconciled with nature after our estrangement from it. Listen to nature in quietness, and you will find its heart. It will sound forth the glory of its divine ground. It will sigh with us in the bondage of tragedy. It will speak of the indestructable hope of salvation.”


Meer oor:  Geestelike Waardes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.