Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Geloof in moeilike tye

Malcolm Muggeridge, ’n Britse joernalis, vertel van ’n onderhoud wat hy gevoer het met Swetlana Stalin, dogter van Josef Stalin. Sy onthou hoe haar pa op sy sterfbed vir ’n oomblik orent gekom, sy vuis hemelwaarts gebal en toe agteroor gelê en gesterf het.

Dié woede teenoor God is geen nuwigheid nie. Terselfdertyd is daar miljoene mense wat in haglikste omstandighede volhard in geloof. Massas mense het deur die eeue getrou gebly aan die Here. Hulle begryp geloof is sinoniem met die dra van Jesus se kruis. Hulle weet die Nuwe Testament verkondig nie ’n luilekker geloof nie. Ook ons is nou geroep om te volhard in geloof.

Ons doen dit met vreugde. Ons bal nie ons vuis ten hemele weens ons omstandighede nie. Ons buig graag voor God en dien Hom met oorgawe.

Meer oor:  Stephan Joubert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.