Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Geloof verg volharding

Om beter gholf te speel, moet jy ten minste gholf speel. Om beter klas te gee, moet jy ten minste klas gee. Dieselfde geld skryf, houtwerk doen, draf, bergklim, motor bestuur . . .

O ja, ook geloof.

Wat help dit jy wens lewenslank jy het meer geloof, maar jy woeker nooit met daardie mosterdsaadjie se geloof wat Jesus lankal vir jou gegee het nie? Of jy begeer om doeltreffender te bid, maar jy bid amper nooit. Wat help dit? Of jy wens jy kan jou naaste nog meer liefhê, maar jyself word nooit ’n naaste vir mense wat jou pad kruis nie?

Jy moet iewers begin as jy wil vordering maak in jou verhouding met die Here. ’n Deurwinterde geloof en dieper insig in die Bybel daal nie vanself uit die lug uit op jou neer nie.

Geloof kos vasbyt en volharding. Soos ’n toegewyde atleet moet jy hard oefen om te bid, die Bybel beter te verstaan, en ander lief te hê.

Doen dit en groei! 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.