Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gelowiges het geen keuse as om te práát
Dr. Isak Burger

Die mislukking van die Suid-Afrikaanse regering op alle vlakke word daagliks duideliker. Die Covid-19-pandemie het die regerende party finaal as ’n sinistere grap en verleentheid en sonder enige skaamte of integriteit blootgelê. Is daar nog enige regeringsfunksie wat suksesvol (en sonder korrupsie) vervul word?

Die feit dat byna ’n derde van die land se bevolking afhanklik is van staatstoelae en daar ’n oorgroot staatsdiens met oorbetaalde staatsamptenare is, bring mee dat die regerende party steeds die meerderheidstem het.

Daarom kom die (beskaafde) protesstem teen korrupsie en wanbestuur hoofsaaklik van diegene wat gedwing word om hierdie korrupte regering op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak deur belasting aan die gang te hou.

Die assosiasie van die ANC met politieke bevryding en die versoenende rol van oudpres. Nelson Mandela is haas vergete. Dink vandag ANC en jy assosieer die party met korrupsie, wanbestuur, onbevoegdheid en magsmisbruik!

Die karakterloosheid van diegene wat skuldig is aan korrupsie, het die laaste paar maande ’n nuwe morele laagtepunt bereik deurdat geld wat vir arm mense bedoel is, in die sakke van kaders verdwyn.

Weliswaar het pres. Cyril Ramaphosa die laaste tyd sterk standpunt teen korrupsie ingeneem, maar “praat” en “doen” lê dikwels ver uit mekaar.

Weliswaar het pres. Cyril Ramaphosa die laaste tyd sterk standpunt teen korrupsie ingeneem, maar “praat” en “doen” lê dikwels ver uit mekaar.

Dit lyk ongelukkig of die regering hoofsaaklik ag slaan op manipulerende militante wat die regte van ander vertrap, maar self weinig konstruktiefs bydra tot die opbou van die land.

Teen hierdie agtergrond worstel ek die laaste paar maande toenemend as Christen-landsburger met die vraag: Wat kan ek en ander wetsgehoorsame burgers wat lief is vir hierdie land, doen om hierdie vernietigingstog van die regerende party te stuit? Natuurlik kán en móét gelowiges aanhou om ernstig tot God te bid vir ’n op(ver)lossing. Gelukkig het Hy nie ons raad vir ’n oplossing nodig nie.

Ons moet ook let op ons eie lewe en ons nie self aan korrupsie op enige wyse skuldig maak nie. Ons het ook die verantwoordelikheid om almal fluitjieblasers te wees en enige oneerlikheid aan die toepaslike owerhede (en openbaar) bekend te maak.

Ek is dankbaar vir burgerlike organisasies wat reeds soveel doen om korrupsie, geweld en onreg in ons land te striem.

Tog wonder ek watter rol die leiers van die Suid-Afrikaanse geloofsgemeenskap kan speel as hulle gesamentlik hul voet neersit en sê: “So ver en nie verder nie!” Daar is immers geestelike leiers wat ’n groot invloed het op letterlik miljoene lidmate.

Dit was met verligting dat ek die afgelope naweek kennis geneem het van ’n duidelike standpunt deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en dat hy wil hande vat met ander burgerlike organisasies.

Godsdiensleiers kán mos nie in ’n tyd van soveel politieke boosheid en korrupsie anders as om ’n sterk en duidelike standpunt daarteen in te neem nie.

  • Dr. Burger is ’n voormalige kerkleier en skrywer.
Meer oor:  Isak Burger  |  Gelowiges  |  Koronavirus  |  Regering  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.