Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gelowiges kan uit dié gesprekke ontsnap

Rassisme, diskriminasie, voorheen benadeelde, tans benadeelde . . . So lyk die hoofopskrifte. Almal is slagoffers en het pyn. As sommige boonop sê hulle het seerder as ander, dan baklei almal van voor af oor wie die meeste ingeloop en verneder is. Mense se velkleur, status en geslag is groot kwessies.

Hoe gemaak in sulke gesprekke, waar die grenslyne dikwels met doringdraad afgebaken is? ’n Deernisvolle luister na mekaar voel amper onmoontlik. Navolgers van Jesus se gesprekke moet anders wees. Ons volg immers die groot Vredemaker. Ons leef op sy pad van liefde en respek, dus luister ons met sagter harte na ander. Ons regverdig nie gedurig ons benadeeldheid nie.

Die kruis maak ons deel van ’n ander verhaal, een waar ons seerkry van gister, vandag of dalk môre nie ons lewe kenmerk nie. Ons is nooit voltydse slagoffers van onsself, ons omstandighede of van ander mense nie. Ons geloof maak nie dat ons seerkry ignoreer of as irrelevant afmaak nie. Maar dit maak dat ons ’n ander werklikheid raaksien: dié van God. Dit maak dat ons ook ander verhale onthou en oorvertel. Dan onthou ons die verhale van mense wat anders as onsself lyk, glo en leef, maar wat vir ons goed was en steeds is. Ons geloof verander ons in storievertellers en brugbouers. Ons is mense wat wonde verbind in Jesus se naam.

Ons beliggaam ’n ander narratief van hoop: Jesus s’n!

Meer oor:  Menings  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.