Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Genadiglik is die Here steeds wie Hy is

“Ek kan nie wag dat alles weer na normaal terugkeer nie,” lees ek op ’n geestelike blog. Wel, hier is ’n nuusflits: Die enigste “normaal” wat ons in die toekoms sal sien, is daardie verstelling op ons wasmasjiene. Whoopi Goldberg het gesê: “Normal is nothing more than a cycle on a washing machine­.” Covid-19 het ons wêreld onherroeplik verander.

Digitalisering is nou die nuwe­ werklikheid. Vroeër was die internet vir baie mense slegs ’n inligtingshoofweg. Nou is dit ’n integrale deel van ons werklikheid. Ondernemings, kerke, opleidingsinstellings en vermaak het daarheen geïmmigreer. Dit het regtig in so­siale media verander waar enigiets van werk, ontspanning, godsdiens en kuier tot studie gebeur.

Geloof het digitaal geword. Duisende gemeentes is skielik aanlyn. Nee, dis nie net ’n stilstaan totdat die virus verby is nie. Dis totale hernuwing.

Gelowiges gaan van nou af op nuwe maniere uitdrukking gee aan ons geloof. Digitale media verander ons – van ons vermoë om te konsentreer tot ons manier van dink. In dié tyd het ons geleer om ons eie geloof selfstandiger te laat groei en uit te leef. Ou vrae, godsdienstige gebruike en kerkgevegte het skielik ook lank in die tand geraak.

Genadiglik is die Here steeds wie Hy is. Hy is steeds ons Pad en ons Eindbestemming, alles in een, soos wat Jesus leer in Johannes 14:6. Hy is steeds ons Roete in abnormale tye.

Meer oor:  Menings  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.