Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Georgetown: SA se eie Wilde Weste-juweel

My oupa was nou ’n karakter. Hy was ’n sout-van-die-aarde-mens, meer van ’n boer en ’n bietjie minder van ’n cowboy.

Petro Hansen

In sy klerekas was nou nie net jeans en oopknoophemde soos die cowboys in die John

Wayne-flieks gedra het nie, maar die Wilde Weste in sy kleindogter se gees kon hy waardeer. Die omslag van die musiekgroep Georgetown se jongste album,

The Dog Show, laat my aan my oupa dink. Hul liedjies is opgewarmde volksmusiek; ’n bietjie soos die hillbilly waarna Oupa sou geluister het, maar met ’n byderwetse inspuiting. Nou nie hééltemal Americana nie, maar tog.

Jy hoef byvoorbeeld nie ’n aanhanger van die Kingston Trio, Pete Seeger, Woodie, of Arlo

Guthrie te wees om van

The Dog Show te hou nie, maar jy kry die idee. Daar is so ’n tikkie country in en, ja, tog ook ’n goeie skeut hillbilly.

Ek het Georgetown een Desembervakansie op Wildernis die eerste keer gehoor. Toe Michael de Villiers, Renaldo van Dyk, Rynier Prins en

Tiaan Erasmus daai aand begin sing, het ek geweet dis hoe hartstog klink. Hul musiek het my in ’n japtrap versot gemaak op iets waarvan ek nie eens geweet het ek hou nie.

Die titel van die nuwe album som die uitwerking daarvan op: Dit laat jou ontsnap van die daaglikse spanning van rekeninge betaal. Die lirieke is oorspronklik en dit slaan hard. Luister maar na “Hey Man”, wat handel oor liefde en vriendskap, en “Slow Down Boy” met sy onweerstaanbare ritme.

Georgetown sing in Engels, maar is groot in die Afrikaanse mark. Hulle is ou hande op feeste soos Oppikoppi, Aardklop en Park Acoustics. Die Stellenbosse Woordfees het ook nou dié juweel ontdek, wat vier jaar gelede gestig is. Hul teikenmark is tussen 25 en biltong-oud. Hul naam kom glo van Georgetown in Maleisië, maar Erasmus se rasperstem in ’n liedjie soos “Moon Baby” sit jou reg in die middel van Asheville, North Carolina, of Memphis, Tennessee.

Kyk, Oupa, sê ek, dit is wat vir my mooi is van die hartstog wat hierdie ouens uitstraal. Hoor Oupa hoe hulle nou speel?

Die groep harmonieer perfek. Hul klank is dig en ryk. Daarvoor sorg onder meer ’n mondfluitjie, mandolien, trekklavier, kontrabas, akoestiese kitaar, klavier, ukelele, viool, saxofoon en elektriese kitaar. Die perkussie is ’n kombinasie van ’n 1920-reistas en tamboeryn wat Van Dyk met sy hakke looi, nes Amerikaanse straatmusikante wat bluegrass speel. As jy die groeplede vra, sê hulle hul musiek is “diep, outentiek en eerlik”. Hierdie nuwe album, The Dog Show, bevestig dit. Ook die staande applous in ’n vol Atterbury-teater met die bekendstelling daarvan.

Wanneer ek na die groep luister, voel Oupa naby. Ek gesels toe maar met hom terwyl die musiek speel. Ewe skielik voel dit ook vir my ons twee is by ’n properse country-konsert in Memphis, Tennessee. Kyk, Oupa, sê ek, dit is wat vir my mooi is van die hartstog wat hierdie ouens uitstraal. Hoor Oupa hoe hulle nou speel?

Georgetown het destyds vir ’n gehoor van 80 vakansiegangers op Wildernis met dieselfde geesdrif musiek gemaak as wat hulle nou 350 konsertgangers in die Atterbury-teater vermaak.

Meer oor:  Petro Hansen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.