Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Geskiet, maar getroos

Jy ken dalk daardie magteloosheid wanneer jy antwoorde moet probeer gee wat jyself nie het nie. ’n Goeie vriend van my is onlangs ’n paar keer geskiet in ’n ge­wapende rooftog by hul huis. Daar langs sy hospitaalbed het my hart vir hom gebreek. Skielik het ek die kaping onthou waarin ek self amper bokveld toe gestuur is. En al die nuutste berigte van ander mense wat geskiet en aangeval is. Maar toe onthou ek uit die bloute dat die pad van Jesus ook bloedbesmet was – sy eie. Sy aardse pad het doodgeloop teen ’n houtkruis in Jerusalem. Genadiglik het Hy dwarsdeur die dood en anderkant uit gestap. Hy is my hoop, en my vriend s’n. En elke ander gelowige s’n wat al ’n bitter beker moes leegdrink. Of wat steeds daaruit drink.

Nee, Jesus is nie net ’n vinnige pleister vir ons pyn nie. Hy is die Heer. Selfs al dra ons sy dood saam in ons eie liggaam soos wat 2 Korintiërs 4 leer, weet ons Hy loop saam. Al die pad. Vir altyd. – Stephan Joubert 

Meer oor:  Jesus  |  Antwoorde  |  Magteloosheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.