Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
God is groter as dít

Preke, Bybelstudies en geestelike boeke word gewoonlik in netjies verpakte formaat afgelewer. Drie punte, vier geestelike wette, vyf aksiestappe en siedaar!

Tog kan God nie vasgevang word in ons seminare, preke of boeke nie. Hy is eindeloos groter en dinamieser as dit. Sy teenwoordigheid gebeur meestal verrassend en onvoorspelbaar. Dit gebeur oral.

Jy hoef nie te wag tot volgende Sondag in die kerk om die Here te ontmoet nie. Spits net jou ore. Maak jou oë wawyd oop. God se koninkryk gebeur oral. Jy loop in Hom vas as een van sy Samaritane die lewenspad oorsteek om jou te help met ’n probleem of met ’n beker koue water.

Jy ontdek God se goedheid uit die bloute as jy by ’n etenstafel, op sosiale media of agter ’n werkbank in een van God se mense vasloop wat ’n stukkie hemel voor jou oopmaak. Wees gereed om vandag verras te word deur God se nabyheid. Doen self ook ’n goeie daad in sy Naam vir iemand. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.