Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
God is nie wollerig nie

“Moenie jou sokkies oprol nie. Die vesels rek uit en laat die kouse pyn beleef. Ook kry jou kouse seer elke slag as jy die laai oop pluk en hulle rondrol.”

Klink dit vreemd? Wel, dis nie vreemd vir drie miljoen plus mense wat reeds Marie Kondo se boeke gekoop het oor opruim en huisskoonmaak nie. Sy beveel ook aan dat jy gedurig jou klere en meubels moet bedank vir alles wat hulle vir jou doen. Lyk my ons leef in ’n vreemde wêreld waar mense deesdae in alles en in enigiets glo.

Gelukkig is God nie so “wollerig” nie. As Hy Homself bekend stel, doen Hy dit midde in die geskiedenis, nie in mitologiese verhale of op animistiese maniere nie. Jesus raak grond in Galilea en in Judea. Sy kruis staan in Jerusalem, sy leë graf ook.

Jy loop jouself vas in God met ’n lyf as jy in Jesus vasloop. Gelukkig is dit Jesus se doel dat sulke ontmoetings altyd goed afloop – vir ewig, bedoel ek! 

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.