Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
God kyk vir my en ek kan nie wegkyk nie

Emmanuel Levinas (1906-1995) is een van die grootste filosowe van die vorige eeu.

In die Tweede Wêreldoorlog is die Franse militêre eenheid waarvan hy deel was deur Duitse soldate oorweldig. As krygsgevangene is hy tussen 1940 en 1945 in Duitsland aangehou. In dié tyd sterf al sy Joodse familielede in Litaue onder die hande van die Nazi’s. Genadiglik word sy vrou en dogter die konsentrasiekampe gespaar omdat ’n vriend hulle in ’n klooster versteek.

Bitterheid het nie aan Levinas se siel vasgekleef nie. Inteendeel. Hy het toe veral bekend geword om sy woorde dat as enige mens se gesig uitroep na my, dan moet ek reageer met die woorde: “Hier is ek!” In “ander” moet ek die afbeelding raaksien van die groot “Ander”.

Nooit weer kan ek traak-my-nie-agtig saam met Kain in Genesis 4 vra: “Is ek dan nou my broer se wagter?” nie. Al my verskonings om onbetrokke te bly het verflou. God het my immers raakgekyk. Ek het die hemel se aanraking ervaar. Al skuld “ander” my niks nie, skuld ek hulle die Here se nabyheid. Ek skuld hulle sy hemelse raak-kyk! God se nabyheid is diep in my siel afgedruk. Nou is ek verantwoordelik vir “ander”, al weier baie moderne Kains steeds om hul broers en susters te versorg.

Ek weet God kyk vir my. In die oë van “ander” sien ek Hom raak. Ek kan nooit weer wegkyk nie.

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.