Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
God red ons selfs voor hekke van dood

Fjeodor Dostojewski (1821-1881) was ’n bekende Russiese skrywer en denker wat graag oor geloof nagedink het. Op 23 Desember 1849 was sy lewe amper verby. As lid van ’n literêre vereniging wie se publikasies die tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel.

God se genade is oorgenoeg vir al sy kinders. In die skadu van teenstand en in die lig van voorspoed is Hy ons Herder en Redder.

Saam met ander gevangenes sou Dostojewski in St. Petersburg deur ’n vuurpeloton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar daar opgedaag en sy lewe gered.

Kort daarna skryf Dosto­jewski ’n brief aan sy broer, Mikhail, waarin hy oorloop van dankbaarheid. Hy sê hy was letterlik voor die hekke van die dood, maar hy leef. Geen uitdaging of krisis sou hom ooit weer onderkry nie.

Dostojewski se woorde herinner my aan dié van Paulus in 2 Korintiërs 1. Hy skryf dat hy in die stad Efese sulke ernstige vervolging beleef het dat hy gedink het hy sou sterf. Trouens, hy het alle hoop laat vaar om te bly leef. Maar toe red God hom uit die doodsgevaar. Dit was ’n wonderwerk.

Paulus se lewe was verby, maar toe beleef hy dat God hom as’t ware uit die dood opwek. Daarom leef hy nou met hoop in die Here se nabyheid. Die lewe gaan hom nie knak nie. Hy het die dood in die oë gekyk, maar God was hom genadig.

God se genade is oorgenoeg vir al sy kinders. In die skadu van teenstand en in die lig van voorspoed is Hy ons Herder en Redder.

Meer oor:  God  |  Goeie Nuus  |  Red
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.