Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
God se plan is duidelik

Om een of ander rede glo mense God se plan is ’n misterie. Ons weet blykbaar nie so mooi wat Sy wil is nie, maar ons sal darem later verstaan.

Wel, die Bybel dink nie so vaag daaroor nie. In Johannes 6:38-40 vertel Jesus dat Hyself gekom het om sy Vader se wil te doen: dat dit is om nuwe lewe uit te deel wat na die dood sal voortduur. God se plan het dus ’n Naam: Jesus.

En ’n strategie: Oorvloedige lewe. God se plan is oop en bloot. Sy plan is om Sy Koninkryk en Sy geregtigheid wêreldwyd sigbaar te laat word. Hemelse vrede moet die ganse aarde oorspoel.

Dit moet goeie nuus wees vir armes en verdruktes, soos wat Jesus in Lukas 4 vertel. Dit moet hoop bied vir hooploses en lewe vir sondaars. God se wil moet die daaglikse leefruimte wees vir al Sy kinders. – Stephan Joubert

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.