Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
God se vrede heeljaar

In Lukas 2 hoor ons hoedat die engele sing oor God se vrede by Jesus se geboorte in Betlehem. Ook hoor ons dat hierdie vrede opsy gesit is vir elkeen in wie Hy ’n welbehae het. Nog niks het in 2019 verander aan hierdie goeie tyding nie.

Hy bring ons harte en ons gedagtes tot rus.

Ons moet egter nie God se vrede verwar met “Christmas carols by candlelight” in een of ander park nie. Nee, daar’s niks fout met die sing van Kerslierdere nie. Of met gevoelens van nostalgie en vreugde hier in die feestyd nie. God se vrede is egter baie meer as dit. Sy nabyheid aan ons, asook sy vrede, is nie net beperk tot ons eie vierings, of tot ons belewenisse hiervan nie.

God se vrede is bedoel vir ons ganse lewe. Dit is bedoel om heeljaar lank te gebeur. Die vrede van Betlehem vloei deur die Kind van die Krip. Hyself verskaf die lewende brandstof vir denke, ons wil, ons emosies, en ons keuses. Hy bring ons harte en ons gedagtes tot rus. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  God  |  Goeie Nuus  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.