Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
God vra geen teenprestasies van ons nie

Godsdiens oor die eeue heen is geskoei op die beginsel van skuld. Mense is altyd in die skuld by hul gode.

Hy skryf ons sondes af en skryf ons naam in genade op in sy boek!

In die tyd van koning Manasse in Israel het hy sy skuld teenoor die god Moleg betaal deur sy kinders in die Hinnomdal net buite Jerusalem te verbrand. Vandag nog dink baie mense hulle moet God se oog vang deur offers en goeie werke. Hulle glo hulle is so sleg soos hul jongste sonde of so goed soos hul laaste goeie daad. Hulle dink God werk met ’n balansstaat waar mense se goeie werke net meer moet wees as hul slegtes.

Wel, die Fariseër in Jesus se gelykenis in Lukas 18:9-14 het presies so gedink. Daarom bring hy sy jongste godsdienstige prestasies na God met die verwagting dat hy weer die toptien- godsdienstige prys sal kry. Saam met hom is ook ’n tollenaar aan die bid. Hy het geen teenprestasies om aan God te lewer nie behalwe sy sondes. Net dit. O ja, en ’n smeekgebed dat God hom genadig sal wees.

Dan volg die skokkend goeie nuus – die Fariseër se prestasies laat God koud. Maar die tollenaar se gebed gryp Hom aan die hart.

Hoekom?

Wel, God vra nie teenprestasies van ons kant af nie. Jesus het reeds die prestasiemeting namens ons gedoen Hy vra net geloof en ’n lewe van dankbaarheid.

Hy skryf ons sondes af en skryf ons naam in genade op in sy boek!

Meer oor:  Godsdiens  |  Teenprestasies  |  Skuld  |  Goeie Nuus  |  Beginsels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.