SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sielsgoed
Goeie bedoelings het nie altyd die beste uitkomste
Tony Weaver

Internasionale nieregeringsorganisasies (NRO’s) doen wonderlike werk in Afrika. Maar soms rig hulle erge skade aan, veral as hulle hul eie stories begin glo.

Een só ’n NRO is Survival, wat homself bemark as die “wêreldwye beweging vir die regte van stamgebonde mense”. Dit is edel woorde, en wie kan nou daarteen gekant wees? Maar dié organisasie het ’n geskiedenis dat hy groot moeilikheid in Botswana veroorsaak.

Die kort weergawe is dat die !Gana en die !Gwi San dekades lank teen gedwonge uitsettings van hul voor­geslagte se blyplek in Botswana se Sentraal-Kalahari-wildreservaat baklei het. In 2001 het die groepe se Kaapse regsfirma op die punt gestaan om ’n ooreenkoms met Botswana te bereik, wat ’n merkwaardige oplossing vir die dooiepunt sou verskaf.

Dit het behels dat die San toegang sou kry tot byna die helfte van die reservaat en sou help met die bestuur van ekotoerismeprojekte.

Oornag het dinge egter lelik ontspoor. Sonder enige raadpleging het Survival die Botswana-regering daarvan beskuldig dat hy die San van die grond afsit omdat die Kalahari ryk is aan diamante. Voorts het Survival die San-NRO, First People of the Kalahari, oorreed om sy Suid-Afrikaanse prokureurs eerder met ’n Britse firma te vervang, een wat Survival gefinansier het. Die regering was erg verontwaardig. Hy het sy aanbod onttrek en die uitsettings versnel. Dit was rampspoedig.

Boikot Botswana tot die regering die Boesmans se regte respekteer.

Dit was egter nie Survival se siening van sake nie. Op sy webblad is verklaar dat die “Boesman-stamme van Botswana se Sentraal-Kalahari-wildreservaat uitgesit is in die naam van ‘bewaring’. Survival het gehelp dat die Boesmans huis toe gaan . . . Boikot Botswana tot die regering die Boesmans se regte respekteer.”

Verlede week het die NRO Elephants Without Borders aan die BBC gesê hy het in ’n opname op 87 olifante afgekom wat onlangs gestroop is. Die regering, wat die opname finansier, ontken dit en hou vol die olifante is weens ander oorsake dood.

Hieruit het die BBC die afleiding gemaak dat ’n deel van die oorsaak van die klaarblyklike toename in stropery is dat wildwagte (Botswana het sowat 1 000 swaargewapende soldate wat heeltyds teen stropery diens doen) onlangs van hul outomatiese wapens ontneem is nadat die regering gevind het daar bestaan nie wet­gewing wat hulle toelaat om “oorlogswapens” te dra nie.

Skielik tree Survival tot die debat toe, en prys die regering: “Baie bewaringslui bevorder die militarisering van bewaring . . . en die beleid om dadelik enigiemand met die etiket ‘stroper’ te skiet. Baie onskuldige stam­lede het al in die kruisvuur beland . . .

“Is die Botswana-olifantstorie ’n teruggreep van ge­militariseerde bewaring? Kan dit wees dat dit ’n herrie opgeskop word net sodat wildwagte in Botswana her­bewapen kan word? Elephants Without Borders . . . kry beslis reusereklame, en waarskynlik ook skenkings, as gevolg hiervan.”

Kom nou, dít komende van Survival, wat volgens sy eie finansiële state bates van R115 miljoen en verlede jaar ’n inkomste van R43 miljoen gehad het.

Suider-Afrika, veral Namibië en Botswana, neem die voortou met inklusiewe gemeenskapsbewaring. Survival se beskuldigings teen Elephants Without Borders is verregaande.

Meer oor:  Tony Weaver  |  Botswana  |  Ngo  |  Menseregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.