Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: God hou vir ons almal ewe veel plek

Daar is verskillende vlakke van beloning in die hemel.

So sê die Amerikaanse skrywer in die artikel op my rekenaarskerm.

God red ons uit genade, sê hy. Nogtans gaan God dié wat harder vir Hom gewerk het, eendag spesiaal beloon.

Gelowiges kan nie hul redding verloor nie, borduur hy voort, maar hulle kan hul beloning misloop. Toe klink dit vir my na ’n “Geestelike Voyager Myle-program”. Of na ’n toptien-kompetisie waar ons die regte geestelike balkies moet verwerf om “beloonde begenadigdes” in die hemel te wees.

Terwyl ek wonder hoekom kry dié artikel so baie likes, sien ek hoe hy Bybeltekste verrinneweer. Ek begryp toe opnuut hoe aanstootlik genade­ vir sommige godsdienstiges is. Hulle weier om met leë hande voor God te staan. Vra maar die tollenaar wat met ’n sak vol teenprestasies voor God stelling inneem in Luk. 18:9-14.

Nee, God se genade beteken nie ons kan agteroorsit en leef soos ons wil nie. Dit sê God het ons Syne gemaak op grond van sy liefde en ontferming.

Genade sê ook alle prestasiemetings op die pad vorentoe is namens ons deur Jesus afgehandel. Daarom leef ons tot sy eer uit pure dankbaarheid. Ons weet God het ons almal ewe veel lief. God trek regtig nie sommige voor en verwaarloos die res wat nie goed genoeg presteer nie. Hy gee aan ons almal ewe veel lewe. Hy hou ook vir ons almal ewe veel plek daar by Hom.

Meer oor:  Bybel  |  God  |  Beloning  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.