Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: God se genade-kyk oor ons lewe

It is better to be looked over than overlooked!” het die aktrise Mae West eenkeer gesê. Om geïgnoreer te word, is pynlik. Jy weet jy is ’n slagoffer van sulke miskyke wanneer niemand hulle ooit aan jou mening steur nie. Of na jou raad luister nie.

In sulke tye kan jy begin dink jy is ’n nobody tussen al die somebodies.

  • Daarom skuld jy jouself dringend die regte uitkyk: God S’n! Ek leer juis by Jesus dat God ’n sagte kyk het. Nee, Hy is nie blind vir sonde nie, maar die kruis het sy manier van kyk drasties verander. God se deernisvolle kyk: Soos die pa van die verlore seun in Lukas 15:20 breek dit God se hart wanneer Hy stukkendes en sondaars deernisvol raak-kyk. Hy kyk hulle graag terug tot in sy feessaal. Hy hardloop hulle graag tegemoet en verwelkom hulle terug waar hulle hoort.) God se reg-kyk: God kyk ons as sy kinders nooit stukkend nie. Hy kyk ons heel. Hy skryf ons nooit af nie, want Hy het immers ons name opgeskryf in sy boek van die lewe. In sy oë is ons nuwe mense in Christus. Vir Hom het ons ewige waarde.

Daarom vernuwe sy Gees ons gedurig sodat ons sy heerlikheid al hoe meer kan weerkaats. God se genadige “uit-kyk” red ons lewe. Sy genade-kyk staan in die pad van sy oordeelskyk.

Ongelukkig wag hierdie kyk nog op diegene wat doelbewus kies om God mis te kyk.

Meer oor:  Bybel  |  God  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.