Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Goeie bedoelings nie ’n Bybelse beginsel

“Ek het dit goed bedoel.”

Ons almal het dit al gesê. Gewoonlik is dit ons eerste verdediging wanneer ons drooggemaak het. Dan verduidelik ons dat ons dit met goeie bedoelings gedoen het. Vir seker is dit meestal waar. Maar is sulke goeie bedoelings ’n amptelike vrywaringsvorm? Word ons daardeur onthef van enige verantwoordelikheid? Nee! Geen hof sal ooit iemand vryspreek omdat hulle dit goed bedoel het toe hulle die wet oortree het nie. Nogtans verwag ons dat die Here aan ons moet sê “mooi so” bloot omdat ons iets goeds bedoel het.

Goeie bedoelings is regtig nie ’n Bybelse beginsel nie. Dit is nie ’n “kom gratis uit die tronk”-verskoning nie.

Ja, God kyk ook na die bedoelings van ons hart (1 Kronieke 29:17), maar dit beteken nie ons het ’n vrypas om te doen wat ons wil nie. Wanneer God hart-inspeksie doen, wil Hy juis seker maak ons is op sy standaard, nie op ons s’n nie. Ons harte mag nooit die kompas wees vir reg of verkeerd nie. Jeremia 17:9 waarsku dat ons harte onbetroubaar is – dikwels vol selfsug en hoogmoed. Daarom kan goeie bedoelings nooit ’n morele roetewyser wees nie. Ons gebruik God se Woord as norm. Ons doen wat God van ons vra. Ons gehoorsaam Hom, al bots dit met ons eie idees en met al ons goeie bedoelings. Ons aanvaar altyd verantwoordelikheid voor God en tussen ander vir ons foute. Ons bedoel dit nie net goed nie, ons doen dit reg!

Meer oor:  Bybel  |  God  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.