Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Hoe mense mekaar moet respekteer

Toe ek op Netwerk24 lees dat “dames en here” as aanspreekvorm blykbaar nou taboe is by Tuks, wonder ek wat ek sou gedoen het as ek steeds daar moes klasgee. Dit was 13 jaar immers my heimat. Toe was dit my respekvolle aanspreekvorm vir studente.

Terwyl ek daaroor kopkrap, onthou ek hoe ek ’n paar jaar gelede in hierdie kolom vertel het van ’n assistent by ’n vulstasie wat eendag om my motor gedans het. Toe ek hom uitvra hoekom hy so uitbundig sing, antwoord hy: “You made my day.” Hoekom? vra ek verbaas. “You’ve just called me sir. It’s the first time in my life that anybody has ever called me sir.”

My hart het daardie dag gejubel. Die Here leer my immers om mense te respekteer. Mense het groot waarde.

Maar hoekom voel dit skielik asof die wêreld kouer, harder en onpersoonliker geword het? Is die positiewe betekenisse wat mooi aanspreek­vorms in mense se kollektiewe geheue het, nou by die agterdeur uit? Of leef ekself maar net in la-la-land?

Hoe dit ook al sy, Fil. 2:3 leer my ek moet opkyk na ander. Nee, dis nie maar net ’n mooiklinkende ideaal nie. Of ’n Bybelvers wat ek kan gebruik wanneer dit my pas nie. Daarom durf ek ook nie kouer, harder en onpersoonliker te raak as dit begin voel asof dié winterseisoen nooit weer sal wyk nie. Al is my taal dalk nog uit pas, moet ek myself keer dat dieselfde in my hart gebeur.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.