Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Jy het ook ’n geloofsverhaal om te skryf

Lawrence of Arabia handel oor T.E. Lawrence (1888-1935). Hy het Arabiese soldate eenkeer deur die Nefoed-woestyn gelei.

’n Man, Gasim, het weggeraak en aan Lawrence is gesê die dood is Gasim se voorland.

“It is written,” het soldate gesê. Lawrence het verskil. Hy het Gasim gaan soek en hom gevind. Ná die tyd het Sjerif Ali oor Lawrence gesê: “Truly, for some men nothing is written unless they write it.”

Paulus was ook so. Hy moes ten alle koste sy opgewondenheid oor die evangelie wêreldwyd deel. In ’n wêreld sonder tegnologiese hulpmiddels het hy meer as 17 000 km te voet afgelê. Hy het geloofsgemeenskappe oor die Romeinse Ryk heen geplant. Op kreatiewe maniere het Paulus dié wêreldwye beweging van gelowiges bymekaargehou met sy briewe en besoeke. Dit het hom baie duur te staan gekom.

’n Volle 195 merke op sy rug het vertel van die vyf keer toe die Jode hom gegesel het. Drie keer het die Romeine hom uitmekaargeslaan. Paulus was dikwels in gevaar, met rowers wat hom aangeval het en selfs gelowiges wat nie sy teologie kon verduur nie (2 Korintiërs 11:24-29). Paulus was deeglik bewus van sy eie swakheid (2 Korintiërs 4:7; 12:9-10), maar Christus was sy hele lewe.

Daarom het hy ’n storie help skryf wat vandag nog lewensveranderend is. Skryf en leef dit na. Op ’n manier is niks oor die evangelie nog geskryf totdat jy dit met jou eie lewe geskryf het nie.

Meer oor:  Bybel  |  God  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.