Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie nuus: Jy moet jou waarde ken

“Maak vooraf seker of jy die prys kan betaal!” So sê Jesus wanneer Hy in Luk. 14 praat oor die prys van dissipelskap. Jesus vergelyk hierdie keuse om Hom te volg met dié van ’n weermag met 10 000 soldate wat moet besluit of hulle kan oorlog maak teen ’n weermag met 20 000 soldate. Keiser Wilhelm II van Duitsland het ’n soortgelyke vraag gevra toe hy in 1912 besoek gebring het aan Switserland. Hy wou weet wat sou die 250 000 troepe in die Switserse weermag doen indien 500 000 Duitsers hulle aanval. Toe antwoord iemand: “Dan skiet ons elkeen twee skote en gaan huis toe!” ­Ons moet ook bereken wat dit onsself kos om Jesus op sy voorwaardes na te volg. Om Hom te volg is om ’n nuwe identiteit, prioriteite en waardes te hê. In Jesus se nabyheid maak God die meeste saak. Hier het alle mense waarde. 

Meer oor:  Menings  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.