Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Kom ons wees daar vir mekaar, nes Jesus

In die tyd toe Jesus op aarde was, het die godsdienstige leiers­ alles en almal gekategoriseer. Daar was rein kos en onrein kos. Heilige dae en gewone dae. Gewyde grond en onrein grond. En heilige mense en onrein mense.

Kom ons leer by Hom en gooi die godsdienstige handspuite weg wat ons isoleer van Jesus se soort vriende.

Die onrein mense was mense met sekere siektes, soos melaatsheid. Hulle kon nie in sinagoges of in die tempel ingaan nie. Sondaars, soos tollenaars, sekswerkers en diewe, was ook onrein. Ander volksgroepe ook. Geen godsdienstige sou ooit saam met sulke onrein mense eet of in hul huise kuier nie. Hul “sondetoestand” was hoogs aansteeklik. Hulle was nie “onse mense” nie.

Jesus het Hom nie gesteur aan dié reinheidsreëls of enige godsdienstige saniteerdery nie. Hy het nooit eens ’n ontsmettingsmiddel nodig gehad om Homself te isoleer van “aansteeklike” mense nie. Hy het aan melaatse mense geraak en saam met sondaars geëet. Lukas 15:1-2 vertel ook dat sondaars en tollenaars graag na Jesus geluister het.

Al was godsdienstige leiers woedend daaroor, was Jesus se hart en lewe wawyd oop vir enigeen en almal. Hy sien mense raak wat misgekyk en oorgesien word. Gewone, rein en onrein mense – almal is in sy vriendskap-visier.

Kom ons leer by Hom en gooi die godsdienstige handspuite weg wat ons isoleer van Jesus se soort vriende. Kom ons laat staan ons eie klassifikasies van mense en wees net daar vir mekaar – in Sy Naam.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Jesus  |  Godsdienstige Leiers  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.