Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Leef vandag voluit

In ’n opvoedkundige handboek lees ek: “Kinders is mense wat op pad is na volwassenheid.” ’n Gewilde spreuk wat hierby aansluit, is dat die jeug ons toekoms is. Hiervolgens is jong mense eintlik net grootmense in wording, onderweg na die groot dag van môre. Maar sê nou vandag maak ewe veel saak? Sê nou ons neem die Prediker ernstig op, dat jong mense nie soos grootmense moet leef, wie se harte vol kommer is nie?

Hulle moet elke dag met oorgawe leef en altyd met die Here se nabyheid rekening hou. Dan hoef hulle nie tot eendag te wag om hul lewensdoel te bereik nie. Hier en nou maak saak. Jong mense is vandag se mense. Vandag gee die Here vir hulle om.

Vandag is hulle sy getuies, sy spesiale mense. Terloops, dit geld vir gootmense ook. – Stephan Joubert

Meer oor:  Goeie Nuus  |  Sielsgoed  |  Rubriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.